Excerpt for Gietoffers van my siel by Boerius (Wilhelm Pretorius), available in its entirety at Smashwords

GIETOFFERS VAN MY SIEL

n Digbundel

deur

Boerius




Opgedra:

Ter ere van my God. Uit liefde vir my vrou. In diensbaarheid aan my volk. Uit respek vir my ouers en familie. In kameraadskap met medestrydrosse deur die geskiedenis in aanhouding geplaas.





Gietoffers van my siel

’n Digbundel deur
Boerius

Aurora Boeke

E-Boek uitgewer: Smashbook


Gietoffers van my siel

Boerius

https://www.smashwords.com/profile/view/aurorabooks

Hard copy: ISBN 978-0-620-52555-8

E-book copy: ISBN: 978-1-4659-0429-4

Hard copy printed and bound in South-Africa by Numasa

1st Edition February 2012

78 pages

Front Cover Design: Wilhelm Pretorius

Published by Aurora Books at Smashords.

https://www.smashwords.com/books/view/130967

Adres: aurorabooks@ymail.com

The right of Wilhelm Pretorius to be identified as the Author of this Work has been asserted by him.

All rights reserved. No part of this book may be reprinted or reproduced or utilized in any form or by any electronic, mechanical, or other means, now known or hereafter invented, including photocopying and recording, or in any information storage or retrieval system, without permission in writing from the publishers

This ebook is licensed for your personal enjoyment only. This ebook may not be re-sold or given away to other people. If you would like to share this book with another person, please purchase an additional copy for each recipient. If you’re reading this book and did not purchase it, or it was not purchased for your use only, then please return to Smashwords.com and purchase your own copy. Thank you for respecting the hard work of this author.

.

Copyright © 2012 Wilhelm Pretorius

Inhoudsopgawe

Voorwoord

Agtergrond oor Boerius

Enkele woorde van Boerius

Gietoffers van my siel

Geboorte van die Boerevolk

Bosveld Serenade

Bittereinder

My bloed

Noenieput

Lied van ’n Boer

Die Stem van die Boerevolk

Die terugkeer van die somerswaels

Die bod

Plaasvervangerwoorde

Wonderdag

Moeder

Liefdesmaat

Môredroom

Pennekwas

Huweliksherdenking

Hoop van die aandblom

My aandblomvrou

Boeregevangenes

Perdjie kapot

Al sou ek dan ook sterwe

Genade hoop

Immanuel

Banier van die Boerekrygsgevangene

Jy vul my nagte

Die son herout

Iliad van die hart

Stilte van my siel

Requies veniet

Die krygersheimwee seën

Hemelse lafenis

Lot se ruiker

Woestyntog van die siel

Nuwejaar se siele-sin

Solo-kameraad

Gesiggies

U tempelkruik

Verskeurde moederhart

Aronskelk

Kosmos op die Hoëveld

Gevalle kamerade

My dogtertjie-bruid

Sielsgenoteweg

Elk dra sy eie pak

Ekkie liefie jou!

Klaargepraat

Laatslaper Hasie

Oorwinningslied

Bosveld nagsê aandlied

Elia-nagte

Soen soos die rooi roos

My Job-ashoop van my lyf

Middelstroom

Afrika sinjaal

Eerbaarheid



Voorwoord

Dit was ʼn voorreg om deur Boerius se debuutbundel te lees. Terwyl ek deur die bundel lees, gaan help ek met ʼn Keisersnit. Daar deel ek my kollegas met oortuiging mee, dat ek besig is om een van die beste Digbundels wat nog in Afrikaans verskyn het, te lees.

Die motivering van hierdie stelling, is die feit dat ’n mens in hierdie bundel, Afrikaanse digkuns op sy heel beste vind. Elke gedig laat jou diep dink en spreek jou siel aan. Verder vind ek ʼn samevatting van die style van verskeie van ons klassieke en bekende digters. Ek ontleed dit hier onder verder. Ek kan dit onomwonde stel dat ’n mens beslis armer sal wees as Boerius se “Gietoffers van my Siel”, nie op jou rak staan nie.

Kom ons ontleed my aanvangstellings:

Ek vind ʼn Totius wat sy pyn en smart in skitterende versmaat met jou deel, soos met:

Sou die tralies en trawante dan my tuissoek trane vang

en die galg knoop om my liefde om my manwees op te hang?” – (Bittereinder)

en ook:

wat glo se troos, asyn op stok ons jongmens hart kalmeer.” (Die terugkeer van die somerswaels)

So ook in “Gesiggies” wat die sterwende Konsentrasiekampkindertjies beskryf.

Ek vind ʼn Toon van der Heever wat die natuur besing met: “Kameeldorings word uitgeëts in daeraad se skim,

wat wiegend, wagtend geelwang wol met eerste lente bring.”(Bosveld serenade)

Ook Kosmos in die Hoëveld, waar hy sy Oupa se plaas, deur sy “kinderoë” beskryf.

Ek vind ʼn “tong-in-die-kies” AG Visser wat oor klein dingetjies, glimlaggend dig en rym, soos in Perdjie Kapot:

O lekker potjie trippelval....So draf die perdjie van sy stal”

en met effe Langenhoven- en selfs Boerneefstyl:

Katte takke, krappie kappe, latte oppie sy...

Al kan jy hoé my tong laat knoop.... ek weet jy liefie my!” – (Ekkie liefie jou!)

ʼn Eugene Marais wat die soet en die suur van die lewe, kunstig verweef: “In Afrika se donker gat.... van krag en daad getem

Versprei die sel sy koffie stoom....en groet met vriend’lik stem”- (Genade hoop)

en ook in

Die swaarheid sak soos sakke lood,

met veldslag agterweë,

en in sy oë ’n doodsheid – leeg,

vervul sy elke tree. - (Die Kryger heimwee seën)

Ek vind ook ʼn Jan FE Cilliers (en ook ʼn Audrey Blignaut), met hul bekende alliterasie styl, wat die woorde binne die vers, so lekker op die tong en die oor laat val soos in:

en die mymrende maans-minuette melodie

in die bloeiende blomme se blaartjies verskans

as die wolke se kolke in kelkies ontvou

en die windjie se waai harmonieer”

en dan die skitterende:

Al sou kikvors koor se dromkegels knars

in die jakkals legato mineur” (Requies veniet - Die rus sal kom)

Laastens straal sy liefde en visie vir die Boerevolk en ook die besondere verhouding tot die Skeppergod van Bloedrivier, soos ʼn Watermeyer uit in: Geboorte van die Boerevolk, My Bloed,

en word dramaties verwoord in:

O volk, my Boerevolk... My liefste Godgegewe bloed” - (Boeregevangenes)

Hy slaag daarin om met woorde te skilder soos hy dit self vasvat in Pennekwas:

My beste, naaste skilderkwas lê steeds in ink en pen,”

Maar, om Boerius se gedigte in perspektief te bring en in diepte te verstaan, moet onthou word dat hy as jong man, wat nog nie twee jaar getroud was nie, tien jaar gelede, as lid van die Boeremag gearresteer is en steeds ongevonnis in die gevangenis gekerker sit.

Die hoof nuanses wat duidelik uit verskeie gedigte na vore kom, is sy verlange na sy vrou (Die son herout), sy liefde vir God, sy liefde vir die Boerevolk, die koue wrede tronkmure om hom, wat met koffie en drome versag en tydelik laat verdwyn.

In die gevangenis het Boerius sy teologiese studies voortgesit, waar hy talle eksamens onder die ou galgkamer geskryf het, sy M.A. voltooi het en tans is hy besig met sy Doktoraal in Kerkgeskiedenis. Teen die agtergrond van sy teologiese studies, kan die Latynse – en Griekse verwysings, asook sy verwysings na die Bybel, in perspektief gestel word.

Hierdie debuutbundel is van voor tot agter, ʼn louter genot om te lees. Die keurige taalgebruik en skitterende poësie, maak dit een van die mees besondere bundels in die Boerevolk se literêre armamentarium.

Ons hoop daar kom nog vele van hierdie kwaliteit uit die pen van die jong digter. Ek wil voorspel dat daar eendag, in dieselfde verband as ʼn Totius, Visser, Watermeyer, Marais en Cilliers, na Boerius verwys sal word.

Deur: Dr Johan (Lets) Pretorius vader van Boerius




Agtergrond oor Boerius

Die digter Boerius, Wilhelm Pretorius, is op 20 Augustus 1977 in die SAVF kraaminrigting te Potgietersrus gebore as die jongste van drie seuns van dr. Lets en Minnie Pretorius.

Hy was nie groot gebou nie, maar sy hele gesig was altyd die ene ondeunde glimlag . Later ʼn regte klein ondeund. Baie lief vir musiek, was Wilhelm altyd besig met een of ander instrument of om te sing. Hy was altyd betrokke by ʼn revue of het in een of ander koor gesing. Aan avontuurlustigheid het dit hom ook nooit ontbreek nie: òf hy organiseer ʼn oorlewingskamp òf reël vir hom en sy Pa ʼn oorlewingstaptoer teen die Waterberge, waar hy die waterbottel verloor en ons hulle amper met ʼn ambulans moes gaan haal. In Egipte is die koorsang nie genoeg nie, maar onderhandel met ʼn Egiptenaar om stoksielalleen op ʼn kameel die piramides te gaan verken.

Hy is in 2000 getroud met Corné Pretorius (Bezuidenhout). In 2002 is hy op hulle huweliksherdenking gearresteer as beskuldigde in die Boeremagsaak, waarvoor hy sedertdien in verskeie gevangenisse aangehou is en steeds in aanhouding is. In hierdie amper tien jaar staan Corné hom nog steeds by soos wat sy liefde vir sy haar en die omstandighede waarin hulle verkeer in sy gedigte sigbaar is. Gedurende die hofsaak het hy saam met sy twee broers 'n aansoek gebring om as krygsgevangenes verklaar te word. In die saak het hulle dit duidelik gestel dat hulle nie kriminele is nie maar in 'n regmatige vryheidstryd gestry het vir die behoud van die Boerevolk en die verkryging van 'n onafhanklike Boererepubliek. Gedurende sy tyd in aanhouding het hy ook sy teologiese studies voortgesit en voltooi, ’n Meestersgraad daarin behaal, Latyn met lof geslaag en is tans besig is met sy doktorale studie in Kerkgeskiedenis.

Maar... die eintlike Wilhelm, is Wilhelm DIE BOER, in murg en been, in hart en siel. ʼn Man met integriteit, ʼn man vir die waarheid, ʼn man met ʼn groot liefde vir sy volk, ʼn onwankelbare geloof in God en ʼn onblusbare gees. Wilhelm met die Vierkleur op Majuba. Mag jou lig op Majuba altyd vir ons ander ʼn inspirasie bly.

Deur: Minnie Pretorius, moeder van Boerius


Enkele woorde van Boerius

As kind was gedigte deel van my soos die vroeë-oggend koffie. Op die Hoëveld plaas van my oupa en ouma Geldenhuys het die Skatkis reeks sy ereplek in die gang ingeneem. Nagte deur het die gediggies en rympies uit hierdie wonderlike Afrikana onder kersvlam geflikker terwyl dit stilweg ewigblywende voetspore op ’n jong hart se liefde vir poësie agtergelaat het. As kleuter het my oupa Kosie Pretorius my dikwels in die boom, voor hulle huis, se mik getel terwyl hy “Wouter kabouter” vir my opgesê het. Vir ure lank het ek by my ouma Martie Pretorius na Storieman gelê en luister met al die oulike gediggies daarin vervat. In my ouerhuis was daar weer “Max en Morris” en “Fratse kry ’n fiets” wat gaandeweg oorgegaan het na die Grootverseboek. Hierdie liefde vir digkuns is verder op laerskool en kunswedstryde uitgebrei waar Jan FE Cilliers se Jopie Fourie sekerlik in die vertoonkas gepryk het. Ons volksdigters het my gebrei saam met die pragwoorde van die 1953 Bybelvertaling.

Met verloop van tyd het ek self die pen opgetel en my literêre helde probeer naboots. Op Universiteit het ek saam met my vriende die Zunft begin waar gedigteaande in stylvolle studentepret omskep is. Met die onstuimige storms van jongmens lewe het ek lief en leed deur inkkladde op papier agtergelaat. Gedigte was deel van my arsenaal van hofmaak en my uitlaatklep in my oorweldigende liefde jeens my vrou. ’n Liefde veels te vroeg van saamwees beroof deur my gevangenisskap in die Boeremagsaak.

In die gevangenis het my gietoffers in volume toegeneem en tot diep uit my siel gevloei. Nadat ons met groot genade ’n hofbevel bekom het om internet te gebruik, het ek kontak met Carpe Noctem gemaak. Ek het my tuiste gevind tussen ’n groep medesoekgenote wat woorde saam sou vervleg en skilder, om ons siele as gietoffers aan mekaar te bied. ’n Groep wat my aangespoor het om hierdie bundel uit te gee.

Met hierdie paar woorde wil ek dan graag ook my dankoffers uitgiet aan ’n paar besondere mense in die tot stand koming en uitgee van hierdie bundel:

Aan my medewandelgenote van Carpe Noctem vir hul saamwandel en hul ondersteuning in die woordkuns. In die besonder my nuutgevonde kameraad: Mellet Moll. So ook aan my ander Kletsboek vriende wat my gedigte deel en waardeer.

Aan my vrou, Corné Pretorius wat so lank steeds by my staan en wat absoluut die Muse is agter al my woordkuns. Aan my ouers vir al die liefde, bystand en nimmereindigende ondersteuning. Aan oom Pieter en Anri Bruwer vir hul bystand en ondersteuning, al was ek dan soms gebrandmerk as slawedrywer.

Vir die mense wat ook gehelp het met raad, kritiek op die bundel en die uitleg ’n woord van dank: Sharon Smith, Benita Valkenborgh en in die besonder tannie Marinette de Bruin en my skoonmoeder, Petro Bezuidenhout, vir die fynoog taalversorging. Ook aan Nic Oosthuizen wie se ondersteuning verby die blote drukwerk strek.

In die besonder wil ek ook dank betuig aan ons Hemelse Vader wat soveel talente, seën en genade daagliks aan ons skenk. Sonder Hom is niks moontlik nie.

Ander gedigte van Boerius kan ook gevind word as een van Wilhelm Pretorius se Facebook blaaie: Gedigte van ’n Boer:

http://www.facebook.com/?ref=logo#!/pages/Gedigte-van-n-Boer/292198034159369


Gietoffers van my siel

Geboorte van die Boerevolk

Met stof getrede pote en die krake van die wa

beur die volk oor onbekende hart van donker Afrika

oor die kranse ruis die ratels, in die dal ’n fluistertoon,

wat oor ruwe rand met eggo’s jou geboortedag vertoon.

Met die Woord voor in die wakis deur die woeste, wrede land

breek die branders bars in buie oor jou spore in die sand.

Met die knal van voorslag-klappe wat die vlaktes daw’rend hoor

word jou hart en kroos wreedaardig deur barbaarse spies deurboor

Nogtans stap jy deur die stowwe met geloof en moed en daad,

sonder omdraai, sonder weifel as besweerder van die kwaad.

Oor jou naam verrys die Vierkleur, oor jou land jou lied wat troon

Hier’s jou volk, o donker Afrika, wat jou bewerk, bewoon!

7 Januarie 2012

Lokaal Gevangenis, Pretoria.

Bosveld Serenade

In die Bosveldlower harde veld, daar voel my menswees vry

en styg my hart na klippe rant waar koedoe troppe wei.

As Bosveldbruidjie spierwit blom met bosveldbure bot


Purchase this book or download sample versions for your ebook reader.
(Pages 1-11 show above.)