Excerpt for EREDIENS - Digbundel vir kerkgangers by Pieter Labuschagne, available in its entirety at Smashwords

EREDIENS

Digbundel vir kerkgangers




Hansie Joubert



Uitgegee deur: Penjam Uitgewers

P.O. Box 19291

80 Courtenay Place

Reading Cinema

WELLINGTON, 6011

New Zealand

penjamboeke@gmail.com


ISBN: 978-0-473-18346-2


Kopiereg (2010) / Copyright (2010)

Hansie Joubert & Penjam Uitgewers


Versprei in samewerking met Smashwords


Smashwords Edition

Licence Notes

This ebook is licensed for your personal enjoyment only. This ebook may not be re-sold or given away to other people. If you would like to share tis ebook with another person, please purchase an additional copy for each recipient. If you are reading this ebook and did not purchase it, or it was not purchased for your use only, then please return to Smashwords.com and purchase your own copy. Thank you for respecting the work of the author.


Hierdie boek is onderworpe aan kopiereg en alle regte word voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer, in enige inligtingstelsel bewaar, of versend word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, meganies, klankopnames, of andersins, sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer of die outeur nie. Resensente mag gedeeltes aanhaal vir die uitsluitlike doel vir ‘n regverdige resensie.


~~~~~~~~~

Uit sy hart, ongesiens van tradisies en rituele, is hierdie verloop van die erediens ‘n voorbeeld van die onopgesmuktheid en ware siel van ‘n kerkganger wat in die Huis van die Here wil wees, nie net om gesien te word nie, maar om die Woord te ontvang in die gees waarin dit aangebied word.”


  • Sonder voorbehoud en sonder vooroordele.”


  • Voedsel vir die siel en die ideale metgesel op ons pad tussen eredienste.”


  • Elke keer as ek hierdie bundel oopmaak ervaar ek die sielerus tipies van die erediens.”


  • Die saligheid ervaar ek nou elke dag met hierdie bundel geopend…..”









I N H O U D


aankoms by die kerk

votum

seëngroet

lofsang

die wet

skuldbelydenis

vryspraak

geloofsbelydenis

gebed om opening van die skrif

skriflesing

preek

pastorale gebed

offergawe

slotsang

seën

huis toe


aankoms by die kerk



binnekoms


die wêreld is ’n woestyn

droog

met droë uitdrogende

dorre winde


winde wat die mens vernietig

winde wat die mens doodmaak

winde wat stofstorms opjaag

stofstorms wat die mens laat verdwaal


’n woestyn met aasvreters

wat wag om die mens te verslind

op te vreet

wanneer die stryd teen droogte

die stryd teen dorswees te groot word


maar dan kom die mens die kerkgebou binne


’n oase

’n plek van lafenis

’n plek van oorlewing


hierdie kalmte kan deel word van my

ek kan deel word van hierdie kalmte


indien ek my oopstel

oopstel vir god


o heilige gees

maak my rustig

maak my kalm

maak my vatbaar

vatbaar vir u woord

lewegewende woord



plek van rus


die binnekant van die kerkgebou is koel

halfdonker

lig


tog beleef ek warmte

die warmte van saamwees


saamwees met ander

ander wat voel soos ek

ander wat pleit soos ek

pleit vir goddelike genade


genade van goddelike teenwoordigheid

goddelike teenwoordigheid wat verryk


verryk in die gees

verryk in menswees


menswees gewy aan god

god die skepper heer

die skepper heer wat ook instandhou

die skepper heer wat ook red


red uit sonde



plek van stilte


waar is daar stilte so stil

waar is daar vrede so vreedsaam

waar is daar rustigheid so rustig

so stil

so vreedsaam

so rustig

as in u huis my here en my god

maak dit so stil

vreedsaam

en rustig in my hart


dan kan ek die geruis

die stille geruis van u voetstappe hoor

in u huis

dan kan ek die fluistering

die lewegewende fluistering van u gees ervaar

in u huis



soeke


in sak en as

geledig van myself

kom ek hoor

kom ek na u huis

om te hoor van

sonde

geregtigheid

oordeel

maar ook van

vergifnis

opheffing

vrede

in u naam

deur u bloed


dit soek ek o heer

hier in u huis



koinonia


koinonia

saam wees met ander

saam wees met u kinders

om saam laag te buig

om saam op te staan

om saam lof te sing

om saam te aanbid

om saam te kom tot by u

want ons vergeet

tog so dikwels

u en u gees is hier by ons

rondom ons

binne in ons

altyd is u gees daar


votum



ons staan bakhand


ons staan bakhand

ons smeek

ons bedel

om gawes uit u hand

gawes uit u hart


ons verwag die gawes

ons weet dit kom


daarom is ons hier

om seën

in oorvloed te ontvang



ek slaan my oë op


ek slaan my oë op na die berge

hoe sal ek oor die berge kom

berge met ondeurdringbare klowe

berge met onoorkombare kranse


maar ek weet

met my here spring ek oor ’n muur


met sy toerusting

bied ek die lewe die hoof


in sy teenwoordigheid

leef ek voluit


in sy teenwoordigheid

stap ek ligvoets


deur my voeteval

word my lewenstaak
’n roeping



rondom jerusalem is berge



Purchase this book or download sample versions for your ebook reader.
(Pages 1-9 show above.)